The vets with their mobile health care 'bus' making friends in Prince Albert, earning trust and building awareness of their monthly service.

Photo: Denise Ohlson

Dr Tharina van As operating on Kolla in the bus during their recent visit. Assisted by PADS volunteers, they neutered three dogs, set up a bath for owners to dip their own dogs, treated cases of mange, gave booster injections of vitamins, cleaned eyes and whole lot more.

Photo: Barbara Castle

Mobiele diereskliniek maandliks in Prins Albert

Denise Ohlson

Twee pas gekwalifiseerde veeartse van Onderstepoort wat gekies het om hul gemeenskapsdiensjaar in Beaufort-Wes by die Departement Landbou, Bosbou en Visserye te doen, het Prins Albert onlangs besoek.

Hulle het kennis gemaak met dr Gill Gauntlett, wat hulle ingelig het oor die werk van die plaaslike Dieresorgvereniging (PADS). Dr Francois Olivier en dr Tharina van As was verheug om te hoor van al die dipwerk, opvoedingsprogramme en voedingskemas wat al in plek is – en hulle was geïmponeer om te verneem dat hier, op private inisiatief en slegs met die hulp van vrywilligers, al 300 diere in 2015 gesteriliseer is.

Maar hulle is ook diep onder die indruk van die groot hoeveelheid werk wat nog hier gedoen moet word ten opsigte van diere-deernisgevalle en hulle is oorgehaal om 'n verskil te maak wanneer hulle die dorp een keer per maand besoek met hul nuut toegeruste mobiele kliniek. Afgesien van hul basisdorp is hulle ook verantwoordelik om 'n verskil te maak in die lewens van die diere van tien omliggende dorpe in die Sentraal-Karoo – en hulle sal uitreikklinieke doen van Matjiesfontein tot in Murraysburg.

Hier in Prins Albert is hulle met ope arms in die strate van Noordeinde verwelkom en Francois, 'n boorling van Alexandrië, en Tharina, 'n gesoute Pretorianer, het sommer dadelik tuis gevoel in die dorp en hulself gereed verklaar vir entoesiatiese gemeenskapsdiens.

 Dr Jill Gauntlett en die twee nuwe veeartse, dr. Francois Olivier en dr Tharina van As.                                                         Foto: Denise Ohlson